Friday, June 23, 2006

Nog 'n jaar

Sarah, Bart en Sunhee se voorkop.

Nelie luister aandagtig. Julia kry so lekker, haar oë is skoon toe. Koot wonder wat hy volgende sal eet- bloukaas of mosterd?

Aangesien dit die laaste keer was wat hierdie event in die somer plaasvind, het en en my tjommies 'n heerlike pique nique langs 'n stille rivierstroom gehad. Daar is wonder bo wonder nog plekke op die eiland wat nie deur beton en plastiek oorgeneem is nie. Die water was helder en wonderlik koel met geen tekort aan suurstof in die lug nie. Die geselskap was van topgehalte en die kos... Kan jy aspersie-met-bloukaasslaai en malvapoedings in die bos visualiseer?

Sunday, June 18, 2006

Engelse dorings in die vlees (soos veral deur Noord-Amerikaners en wannabe Yanks misbruik)

(Op BoingBoing.net gesien)

Ons het almal sitcoms gekyk in ons vormingsjare en die frase "Oh, my God" tot vervelens gehoor. Dit het ook gereeld by Oprah en haar ateljeegaste se monde uitgeblêr. Het dit enigsins êrens in ons Engelse woordeskat vashouplek gekry? My ma het my altyd vertel hoe kommin en lelik dit vir haar klink, so ek het dit nooit durf sê nie.

Hier in die Ooste is dit egter die derde sin wat mense in Engels kan sê na "Gimme fi" (Give me five) en "Hello Moto"(ek het al omgedraai en geskree my naam is nie Moto nie!). Die weergawes is eindeloos: O ma gah, O my gob, Oh my got.

O my genade, dit gee my 'n pyn! Ek wonder nou net hoe antwoord hierdie winkel hulle telefoon...

Monday, June 12, 2006

Die son gaan ook rooskleurig onder...

oor die lelikste plek op aarde.

Ek weet ek gaan oor 'n tyd van nou af terugkyk na foto's soos die en hardop dink, "Ek kan nie glo ek het vir drie jaar hier gebly nie".

Wednesday, June 07, 2006

Verlustig jou oë

My vorige huismaats in Taiwan, Ruan en Cecile, het pas teruggekeer van hulle wittebrood in Noord-Afrika. Ruan is 'n fotograaf van formaat en het al selfs 'n uitstalling in Kaapstad gehad. Hy was ook genomineer vir die Brett Kebble Awards, maar toe word die pryse saam met die man uit die prentjie gewis. Kyk, ek het al mooi foto's van Morokko in die Sarie en Rooi Rose se modebylae gesien, maar my bek het oopgehang vir die honeymoonkiekies.

Thursday, June 01, 2006

Dragon Boat Festival

Wat ek gewaar het toe ek nie vir die bote gekyk het nie:


Ag pleeze, daddy...


'n Verlore parasol


Fetish-agtige lekkergoed



'n Man wat geweet het dat dit 'n lang dag gaan wees


Boetie in sy pajamas