Saturday, January 21, 2006

新年快乐 (Xīnnián kuàilè!)

Chinese Nuwejaar is om die draai (die 29ste Januarie hierdie jaar om presies te wees), en dit beteken net een ding...vakansie! Vir diegene wat nog nie in Taiwan of die Ooste was nie, sal ek graag verduidelik hoe dit werk. Die karakter hierbo is onderstebo. Dit word op huise se deure geplak om goeie vibes in te nooi. Mense plak ook prente van visse orals op en sê vir mekaar 年年有余 (Niánnián yǒuyú). Die vis is glad nie something fishy in Chinese kultuur nie, maar eintlik 'n teken van voorspoed en 'n goeie oes vir die volgende jaar.

Mense gee vir mekaar geskenke soos rooi koeverte vol geld, kos en ander lekkernye. Families kom bymekaar en sien kans om 11 ure in 'n verkeersknoop te sit om by 'n plek net 3 ure ver uit te kom.

Dan is daar die groot skoonmaak. Als word uitgeruk en oorgedoen, as jy dit kan bekostig. Mense koop nuwe meubels, toilette, kombuise en matrasse om die nuwe jaar in te lui. Dit beteken bargain hunting vir die mense wat dit nie kan bekostig nie. Meeste van ons uitlanders het ons huise gemeubileer deur net op hierdie die hope te gaan rondsnuffel vir iets wat darem nie te gehawend lyk nie. Die truuk is ook om gou te spring, voor dit begin reën, want wie wil nou op 'n nat sitkamerbank lê en TV kyk?

'n Wit-olifant-hoop

Friday, January 20, 2006

Kindermishandeling?

Buite my werksplek geneem, so ek vermoed dis dalk een van die onderwyseresse s'n.

Tuesday, January 10, 2006

hoesê?

Ek lees op een van my gunsteling webbladsye cum groepblog, Boing Boing, van die dokter wat 'n Super Soaker Max D 5000 gebruik het om iemand se oorwas uit te spoel en toe in die Kanadese Mediese Joernaal daaroor geskryf het. Ek is nou spyt dat ek nie my vorige huismaat, Ruan Benade, se pompaksie watergeweer wat hy teen rondloperkatte gebruik het, gehou het nie.

Op die dieselfde webblad kan mens ook lees van die selekant wat besig is om uit te sterf, 'n tandeborsel wat musiek speel as jy dit in jou mond druk, en hoe om CD's met DRM te vermy.

Saturday, January 07, 2006

Chris se crash




Donderdagaand het Chris heel rustig van sy jogaklas afgery, toe 'n moegoe 'n rooi lig geïgnoreer het, vir Chris deur die lug laat trek en sy scooter 'n nuwe vorm gegee het. Genadiglik het Chris net 'n baie seer lyf en skok oorgehou. Neem ook in ag dat hy 'n 150cc het, en indien dit 'n kleiner fiets was, of 5cm meer na links, dit 'n heel ander storie sou gewees het.

Die crime scene. Let op die fiets wat sonder ligte ry. Die wit spikkels in die voorgrond is al die glasstukke.


Die impak was so hard dat die hele sitplek uitgespring het en die inhoud wyd en syd gestrooi is.

Die geraamte lê oop en bloot. Daar's 'n gat in die plastiek waar sy linkerboud was. Gelukkig is dit winter, want Chris het omtrent 3 lae klere aangehad wat meer skrape as sy vel opgedoen het.

Tuesday, January 03, 2006

Die einde van 'n era


Die stralende gesig in die middel van die foto is Bordeaux, vriend, skouer, modeadviseur en getroue leser van Skemerdonker. Na 6 jaar in Taiwan keer hy terug na Afrika om sy passie te gaan uitleef en hopelik beroemd te raak. Die ander mense in die foto gaan gou aan die saaiheid van die lewe moet gewoond raak sedert sy vertrek.

Het jurk

Die rok wat Bordeaux gemaak het. Ek het spesiaal vir die oujaar daarin gepronk. Ek gaan ons Dinsdaemiddae se genaaiery mis.

Sunday, January 01, 2006

Wat gaan jy nie doen nie?

Ek lees in die Rapport wat Elize Parker, skrywer van vele liefdesromans, sê oor wat sy nie gaan doen in 2006 nie:
"Ek gaan nie meer donkerbrille koop nie, want ek verloor dit tog net. Ek gaan van my verslawing aan Jamie Olivier-kosprogramme ontslae raak, want ek sit gewig aan net deur na die koskanaal te kyk en ek gaan probeer om nie meer by doopdae, kinderkoor- en balletkonserte in trane uit te bars nie."

Wat ek nie gaan doen in 2006 nie?

Kla, my musiekinstrumente as ornamente behandel en in rokerige plekke uithang nie (o gats, verlaat Taiwan onmiddelik!) .

Wat ek vir die eerste keer in 2006 gaan doen?
Japan besoek, leer hoe om ordentlik te belly dance en die eerste en tweede reekse van Dallas kyk.