Friday, July 28, 2006

'n Alternatiewe benadering

Ek het Maandag gedink dink ek gaan dood. Hoofpyn, koorsig, naar, lyfseer. Ek het geen ander keuse gehad as om skool toe te gaan nie, want daar was niemand anders wat kon sub nie. Die diagnose: hitteuitputting. Ek word die hele oggend warm konkoksies gevoer wat van die hitte in my lyf ontslae moes raak en teen middagete kry my baas my beet gewapen met 'n pot Tiger Balm en 'n ding wat lyk soos 'n kam sonder tande. Die hitte word toe uit my rug uitgeskraap. "En moenie bekommerd wees nie, dit sal eers rooi, dan blou en dan pers raak en as jou bloedsomloop goed is sal dit binne 'n week verdwyn."

Dit het gewerk vir die hitte, maar die hoofpyn het eers verdwyn toe ek my eie boereraat gebruik het, 'n lekker warm koppie koffie.

6 Comments:

At 2:23 pm, Blogger PienkZuit said...

Jy't sopas die mees gewaagde blog geword van al die wat ek lees. 'n Semi-nude selfportret! Selfs dorothy se stories oor pap of maeree se voete kom nie daarby nie.

 
At 5:59 pm, Anonymous Anonymous said...

Holy crap! At least there aren't any scratch marks...

Doggit

 
At 4:10 am, Blogger rondloper said...

Het jy al ooit gegaan vir een van daai tradisionele Chinese masserings? Massering is die verkeerde woord, hulle vat glo glase met brandende kerse onder, sit dit op jou rug, laat die kers doodgaan dat dit 'n sterk vakuum vorm, en trek dan die glas af. Daar bly blou kolle agter. Glo baie goed om gifstowwe te verwyder, word ek vertel. Het dit egter nog nie gedoen nie.

 
At 8:44 pm, Blogger Christine said...

phokkit. (haagen-dazs help ook. mar dan sal jou ribbetjies nie vir lank so mooi uitsteek nie.)

 
At 5:48 pm, Blogger renklem said...

ek hoop daai merke is weg teen die tyd dat ons makietie hier op die eiland. Dis darem hopelik nie so warm hier soos daar by julle nie, maar ons sal regstaan met 'n paar boererate indien dit weer gebeur.

 
At 1:18 pm, Blogger Lammervanger said...

Ek het eenkeer die letsels op 'n man se nek en rug gesien wat 'n soortgelyke ervaring gehad het. Hy het fisio toe gegaan vir 'n stywe nekspier of iets, toe ruk die klong 'n eetlepel uit en begin te skraap. Persoonlik dink ek hy het hom vir 'n ride gevat - geen goeie ding kan soveel skade agterlaat nie.

 

Post a Comment

<< Home