Friday, July 28, 2006

'n Alternatiewe benadering

Ek het Maandag gedink dink ek gaan dood. Hoofpyn, koorsig, naar, lyfseer. Ek het geen ander keuse gehad as om skool toe te gaan nie, want daar was niemand anders wat kon sub nie. Die diagnose: hitteuitputting. Ek word die hele oggend warm konkoksies gevoer wat van die hitte in my lyf ontslae moes raak en teen middagete kry my baas my beet gewapen met 'n pot Tiger Balm en 'n ding wat lyk soos 'n kam sonder tande. Die hitte word toe uit my rug uitgeskraap. "En moenie bekommerd wees nie, dit sal eers rooi, dan blou en dan pers raak en as jou bloedsomloop goed is sal dit binne 'n week verdwyn."

Dit het gewerk vir die hitte, maar die hoofpyn het eers verdwyn toe ek my eie boereraat gebruik het, 'n lekker warm koppie koffie.

Thursday, July 13, 2006

In tye soos hierdie ...


Wednesday, July 12, 2006

Juliemaand is weer tifoonmaand van die more tot die aand (gesing op die wysie van "Oktobermaand is weer suiwelmaand")

So ek dink nie ek gaan Vrydag hoef te werk nie, en ja, Dorothy, I'm getting paid.

Monday, July 10, 2006

'n Plekkie onder die son

Terwyl ek so na die wurms staan en kyk het Sondagaand het ek ook vreeslik begin bepeins. Ek het binne 'n week afskeid geneem van 'n hele spul goeie vriende, ou vriende gesien wie ek nie gedink het ek ooit weer gaan sien nie, weer op speaking terms met my eks gekom, vir die tweede keer na die Thai disco gegaan en begin boks. Dis weer een van daardie tye in die lewe wat ek voel al die sirkels word voltooi. Eintlik het die laaste twee niks daarmee te doen nie, maar dis seker goed om te kan boks as mens by die Thai disco wil uithang.

Ek sien nogal uit na die volgende sirkel wat my lewe gaan neem, nie dat ek al enige idee het of dit 'n ovaal of 'n spiraal gaan wees nie. Ek's so reg soos 'n roer vir hierdie rit.

Tuesday, July 04, 2006

Nuttelose inligting


My poegie het vandag na 25000 km oorgeslaan. Dit beteken ek het al 20000 km in 3 jaar op hom afgelê. Dis hoe ver dit van Hsinchu na London en terug is. Nogals merkwaardig dat ek nog lewe en nie soos Quasimodo lyk van al die ry nie.