Wednesday, February 07, 2007

Velcro probleme

Kan iemand my dalk sê hoekom my profiel nog in Taiwan vassit ? Ek het al drie keer dit verander na Jozi toe, maar het geen sukses. Moet ek oorskakel na nuwe blogger toe?

Tuesday, February 06, 2007

oraait oraait

Ek weet beloftes maak skuld, maar hierdie nuwe besem vee nou eers baie deeglik by haar nuwe werk en daar is geen tyd vir ginnegaap of nonsens praat nie. Wat ek wel my lesers kan meedeel is dat daar komende naweek weer damme onder eende uitgeruk gaan word by Jan en Cleo Graf se Troue Part 2 -The Drakensberg Files. Foto's sal voorsien word.

Monday, January 22, 2007

Rendezvous

Die lang wag is verby, ek's weer op die lug, in julle are en julle hare. Vir almal wat my van hulle persoonlike skakels afgehaal het, sit my groot asseblief weer terug. Ek het baie dinge om te vertel, oa stories van pers poedels by Hillfox, karre wat brul en jaag tesame met volksliedverwarring, 'n sad storie van 'n gebreekte kar en net eenvoudig hoe lekker dit is om op die Wesrand te bly.

Saturday, October 07, 2006

Die Groot Stilstand

Ek was lanklaas hier omdat ek nie eintlik toegang tot internet het nie en ook baie rondgereis het die afgelope tyd. Dis duur en stadig om foto's te plaas, so vasbyt, ek sort my lewe in Jhb uit en dan het ek hopelik een van die dae weer baie om te wys en te sê.

Tuesday, August 01, 2006

Hamba kahle fika futi, Taiwan!





Friday, July 28, 2006

'n Alternatiewe benadering

Ek het Maandag gedink dink ek gaan dood. Hoofpyn, koorsig, naar, lyfseer. Ek het geen ander keuse gehad as om skool toe te gaan nie, want daar was niemand anders wat kon sub nie. Die diagnose: hitteuitputting. Ek word die hele oggend warm konkoksies gevoer wat van die hitte in my lyf ontslae moes raak en teen middagete kry my baas my beet gewapen met 'n pot Tiger Balm en 'n ding wat lyk soos 'n kam sonder tande. Die hitte word toe uit my rug uitgeskraap. "En moenie bekommerd wees nie, dit sal eers rooi, dan blou en dan pers raak en as jou bloedsomloop goed is sal dit binne 'n week verdwyn."

Dit het gewerk vir die hitte, maar die hoofpyn het eers verdwyn toe ek my eie boereraat gebruik het, 'n lekker warm koppie koffie.

Thursday, July 13, 2006

In tye soos hierdie ...