Monday, July 10, 2006

'n Plekkie onder die son

Terwyl ek so na die wurms staan en kyk het Sondagaand het ek ook vreeslik begin bepeins. Ek het binne 'n week afskeid geneem van 'n hele spul goeie vriende, ou vriende gesien wie ek nie gedink het ek ooit weer gaan sien nie, weer op speaking terms met my eks gekom, vir die tweede keer na die Thai disco gegaan en begin boks. Dis weer een van daardie tye in die lewe wat ek voel al die sirkels word voltooi. Eintlik het die laaste twee niks daarmee te doen nie, maar dis seker goed om te kan boks as mens by die Thai disco wil uithang.

Ek sien nogal uit na die volgende sirkel wat my lewe gaan neem, nie dat ek al enige idee het of dit 'n ovaal of 'n spiraal gaan wees nie. Ek's so reg soos 'n roer vir hierdie rit.

4 Comments:

At 6:49 pm, Blogger dai said...

weet jy dat jy hierdie post gedurende volmaan geskryf het? dis nie net sirkels nie maar getye...

 
At 8:31 pm, Blogger lolla said...

goeie punt. ek kon nie die volmaan miskyk of misruik nie! al wat 'n taiwanees is brand mos spookgeld gedurende volmaan. ek is seker daar gaan in die toekoms 'n berig in die koerant verskyn oor 'n klomp spookgeld wat een of ander giftige chemiese stof (buiten die obvious) bevat wat van herwinde scooterbatterye gemaak is. die laaste paar vol(en half-)mane tref daai reuk my soos 'n vuishou tussen die oë, dan vlieg ek op en gaan ruik aan al my kragproppe want ek dink alewig my woonstel is aan die brand.

 
At 7:51 pm, Blogger dorothy said...

beautiful - enjoy the ride

 
At 5:03 pm, Blogger lolla said...

einste! boks by 'n hoërskool met 'n goed ingerigte gym.

 

Post a Comment

<< Home