Wednesday, April 26, 2006

'n Voorsmakie (of is dit nou voolsmakie?!)

Aangesien ek 'n deel van my kamera se koord in die hotelkamer vergeet het, en die gaping tussen Chinees en Engels net te groot is om dit terug in my hande te kan verduidelik, moet julle maar eers tevrede wees met hierdie paar foto's.

Die god van die vissermanne.

Huisie by die see

Die daaglikse wag vir die vullislorrie.

Wednesday, April 19, 2006

Pesca wat? Peng hoe?


Ek vertrek moreoggend op 'n welverdiende dirty weekend na 'n eilandreeks, genaamd Penghu of Pescadores, wat tussen hier en China lê. Ek sal weldra terugrapporteer of dit die vroegopstaan, klas mis en frantic rondbel vir akkomodasie en vliegtuigkaartjie werd was.

Monday, April 10, 2006

Dis die byvoordele wat saak maak


Ons local bowling alley bied die fasiliteit gratis aan sy besoekers. Vir die skoene moet jy egter betaal.

Thursday, April 06, 2006

Wat is dit met almal?

Ek weet nie hoekom almal deesdae so behep is met Chuck Norris is nie. Ek mis heeltemal uit omdat ek so ver van als is. Ook maar goed so, net sy naam walg my al klaar. Ek sou 'n spastiese dikderm ontwikkel het as ek elke dag 'n grappie of twee oor die man moes kry. Nog 'n fenomeen wat heeltemal holruggery is, is The Hoff. Tog kon ek myself nie keer om hierdie tydverdryf met almal te deel nie. Of hierdie winskopie nie.

Wednesday, April 05, 2006

"Little Shanghai"

Die afgelope naweek het ek my vriendin, wat al vir ses jaar in Taipei bly, oorreed om 'n slag uit die stad te kom. Ek wou haar 'n dorpie genaamd Chiufen gaan wys. Die ironie is dat die dorpie nie eers 'n uur met die trein uit die grote stad is nie. Dit hang natuurlik af van watter trein jy neem. Ons is heel gemaklik op die vinnige trein daar weg, het sitplekke gehad, koerant, koeldrank, de lot. Met die terugkomslag moes ons in 'n stadige trein staan soos sardientjies ingepak en in medepassasiers se onderarm-oksels vasstaar.


Chiufen is 'n ou myndorpie en van die enigste plekke waar hulle nie die ou historiese karakter verwoes het met aaklige wolkekrabbers en sinkgeboue nie. Volgens my Lonely Planet was die dorpie in 1930 die goudmyn-hoofstad van Asië en onder Japanese koloniale beheer. Toe die ekonomie in duie stort as gevolg van die goud wat opgeraak het, het mense vir dekades van die plekkie vergeet. Tot op 'n dag wat die filmregisseur, Hsiao-hsien Hou, dit gebruik het as agtergrond vir sy film, City of Sadness. Deesdae is die dorpie 'n toeristemekka met busse wat op mekaar se sterte op en af deur die heuwels en kronkels ry.

Daar is volop teewinkels om elke hoek en draai.

Die dorpie se mense het intussen ook Engels geleer.

Ek weet nie wat die idee is van die stukkie Hollywood nie, maar dis 'n mooi deur.

Monday, April 03, 2006

6.4 in Taitung

Die volgende scenario het Saterdagmiddag afgespeel:

Michelle se boyfriend: Yes, 6 is kinda evil. And this is the 6th floor.
Andrea: But they always have specials at the supermarkets for NT$666.
Lorette:Isn't 4 supposed to be worse around here? I live on the 4th floor.
Michelle se boyfriend: Eeek. That's bad.
Lorette: That's why my rent is cheap.
Andrea: Hey, I wonder when we'll have an earthquake again? There hasn't been a good one for a while.
Michelle se boyfriend: Yes.
Lorette: Hmm. Ja.

('n Paar sekondes tik verby...)

Michelle: Earthquake...
Almal gelyk: No way, yes, wow, can you believe that we just talked about it? I wish I taped this, nobody will believe it.
Lorette: Is it over already?
Michelle: Must have been a 2 or a 3.
Lorette: Jy's met die...you were born with the helm...ag man jy's met die helmet gebore.