Friday, June 23, 2006

Nog 'n jaar

Sarah, Bart en Sunhee se voorkop.

Nelie luister aandagtig. Julia kry so lekker, haar oë is skoon toe. Koot wonder wat hy volgende sal eet- bloukaas of mosterd?

Aangesien dit die laaste keer was wat hierdie event in die somer plaasvind, het en en my tjommies 'n heerlike pique nique langs 'n stille rivierstroom gehad. Daar is wonder bo wonder nog plekke op die eiland wat nie deur beton en plastiek oorgeneem is nie. Die water was helder en wonderlik koel met geen tekort aan suurstof in die lug nie. Die geselskap was van topgehalte en die kos... Kan jy aspersie-met-bloukaasslaai en malvapoedings in die bos visualiseer?

11 Comments:

At 4:43 pm, Blogger dorothy said...

AHH! it looks fantastic!

 
At 6:09 pm, Blogger Do Kwang said...

Dis die Minter Sprinter! Whaaaaa! Se^ howzit vir die minkter!

 
At 2:59 pm, Blogger PienkZuit said...

Minter (aka Bart)!!!!! Ek het geweet almal in Taiwan ken mekaar. Oortuig hom tog om 'n blog te kry. Sy emails is van die mees entertaining wat ek (sporadies) ontvang. My vrou reken hy moet 'n boek skryf.

 
At 3:07 pm, Blogger PienkZuit said...

o ja, en ek lei af die show was vir jou b-day? Geluk dan. Indien nie, dan net geluk dat jy saam met Bart kon eet.

 
At 7:37 pm, Blogger lolla said...

dankie, ja dit was my b-day! ek sal maar liewer nie vertel wat Bart vir my as geskenk gegee het nie! ek het hom al gevra om 'n blog te begin, maar hy braai liewers.

 
At 8:35 pm, Blogger PienkZuit said...

Nee wag, nou moet jy vertel. Want as ek hardop gaan begin raai kan dit embarrassing word.

 
At 7:10 am, Blogger lolla said...

dis iets wat mens kan aantrek, maar as dit aan is kon dit net sowel nie daar gewees het nie.

 
At 9:52 pm, Blogger PienkZuit said...

'n reenjas van deursigtige plastiek?

 
At 11:33 pm, Blogger Do Kwang said...

Het jy gehoor ek en jy en Rennie en Nolte en Nolte se girlfriend gaan saam in 'n ses man tent opshack vir Funky se troue. Lekker, man.

 
At 3:30 pm, Anonymous Anonymous said...

en skielik is jy vry

 
At 4:43 pm, Blogger lolla said...

amper vry, amper. as ons ses mense in 'n tent is het ons seker nie slaapsakke nodig nie of wat. dit gaan 'n moerse krismisbed wees. nolte is so maer, hy tel nie.

 

Post a Comment

<< Home