Tuesday, March 28, 2006

Verspeelde Lente

Hoe weet mens die lente is uiteindelik hier?

Die eerste rys is geplant.


Die kosmos skiet in 'n vaal veldjie op.


En ek lyk elke dag soos 'n tent gekruis met 'n ninja as ek werk toe ry.

Sunday, March 26, 2006

Skokkend (Nie vir sensitiewe lesers nie!)

Vanmiddag stap ek heel rustig in die onderdorp rond toe ek begroet word deur aaklige foto's van lyke. Eers dog ek dis lekker onsmaaklik vir 'n Sondagmiddag, tot ek agterkom dat dit eintlik 'n protes van Falun Gong of Falun Dafa is. My koreaanse vriendin wat kan Chinees lees verduidelik toe vir my dat daar 'n konsentrasiekamp in China is waar meer as 6000 mense wat die geloof beoefen, aangehou word. Die ergste is nie net dat hulle geloof heeltemal onwettig is in China en hulle gemartel word as hulle in hegtenis geneem word nie, maar dat hulle organe geoes word terwyl van hierdie mense nog lewendig is. Die organe word dan op die swart mark verkoop en die liggame veras. Die foto's wat op die straat uitgestal is, was van 'n paar van hierdie gevalle. Dis TERRIBLE. Dit wys 'n normale ID-tipe foto van die persoon en dan 'n lyk met 'n klomp staples oor die borskas en waar die niere en lewer was. Blykbaar is daar al meer as die helfte van die 6000 gevangenes dood op hierdie wyse sedert 2001.

The witness said that her ex-husband had a cell phone specifically for this type of business. No matter when and where, as soon as the cell phone rang, he would go to perform the operation. During the 2 years of working at Sujiatun, he did several cornea removal operations per day.

Her ex-husband told her that those detained in the Sujiatun concentration camp were all Falun Gong practitioners. For others, even prisoners sentenced to death, organ removals could not be done without proper paperwork and procedures. Only for Falun Gong practitioners, due to the central Communist Party policy that the deaths of practitioners are "counted as suicide," the hospital can detain and remove organs from them live without any procedures. Every surgeon knew they were Falun Gong practitioners. They were told that doing such things to Falun Gong practitioners were not crimes. Instead, they were "cleaning" for the Chinese Communist Party. Those on the operation table were either mentally destroyed or had lost consciousness. Major targets of cornea removal were the elderly and children.

A reader from Mainland China called the Epoch Times New York office Saturday and told us that: a celebrity in China had a liver transplant. The liver belonged to a Falun Gong practitioner. This reader also revealed that the General Hospital of the Army and Police Force in Beijing still stores organs of Falun Gong practitioners for high-ranking officials and celebrities. He said that he obtained this information from a relative of this celebrity.

Lees die res van die artikel hier.

Tuesday, March 14, 2006

Da Lu

Dis wat die mense op hierdie eiland van praat as hulle na China verwys. Groot Land. Meer akkuraat kan hulle nie wees nie. Kyk asseblief die volgende baie insiggewende, skerp en terselfdetyd skokkende kort film, HA HA HA America, wat op die Sundance Film Festival gewys het hierdie jaar. Volgens gerugte staan die aantal missiele wat op Taiwan gerig is nou op 800, sowat 200 meer as toe ek hier begin werk het 'n paar jaar gelede.

Die dag toe my kat in 'n poedel verander het

Saturday, March 11, 2006

Eva-kwessies


Die Taipei Times het hierdie week berig oor 'n landswye kompetisie wat geloods word om vroueregte 'n boost te gee. In Taiwan is daar verskriklik druk op vrouens om 'n supermaer lyfie, bleekwit vel en 'n stewige rondborstigheid te hĂȘ. En moenie vergeet van die dubbele ooglede wat soveel pragtiger as 'n enkellid is nie. Nou is hulle op soek na die beste leuse wat "die nuwe alternatief vir die moderne vrou" kan voorstel . Enkele voorbeelde is "Perfect is a good idea", "Stop dieting and go play" en die een wat die koek vat, "There are no ugly women but lazy ones".

Saturday, March 04, 2006

Wat was eerste?


Die bergfiets of die poegie? Net nog 'n Saterdagmiddagverskynsel in Hsinchu.