Saturday, March 11, 2006

Eva-kwessies


Die Taipei Times het hierdie week berig oor 'n landswye kompetisie wat geloods word om vroueregte 'n boost te gee. In Taiwan is daar verskriklik druk op vrouens om 'n supermaer lyfie, bleekwit vel en 'n stewige rondborstigheid te hĂȘ. En moenie vergeet van die dubbele ooglede wat soveel pragtiger as 'n enkellid is nie. Nou is hulle op soek na die beste leuse wat "die nuwe alternatief vir die moderne vrou" kan voorstel . Enkele voorbeelde is "Perfect is a good idea", "Stop dieting and go play" en die een wat die koek vat, "There are no ugly women but lazy ones".

0 Comments:

Post a Comment

<< Home