Saturday, January 21, 2006

新年快乐 (Xīnnián kuàilè!)

Chinese Nuwejaar is om die draai (die 29ste Januarie hierdie jaar om presies te wees), en dit beteken net een ding...vakansie! Vir diegene wat nog nie in Taiwan of die Ooste was nie, sal ek graag verduidelik hoe dit werk. Die karakter hierbo is onderstebo. Dit word op huise se deure geplak om goeie vibes in te nooi. Mense plak ook prente van visse orals op en sê vir mekaar 年年有余 (Niánnián yǒuyú). Die vis is glad nie something fishy in Chinese kultuur nie, maar eintlik 'n teken van voorspoed en 'n goeie oes vir die volgende jaar.

Mense gee vir mekaar geskenke soos rooi koeverte vol geld, kos en ander lekkernye. Families kom bymekaar en sien kans om 11 ure in 'n verkeersknoop te sit om by 'n plek net 3 ure ver uit te kom.

Dan is daar die groot skoonmaak. Als word uitgeruk en oorgedoen, as jy dit kan bekostig. Mense koop nuwe meubels, toilette, kombuise en matrasse om die nuwe jaar in te lui. Dit beteken bargain hunting vir die mense wat dit nie kan bekostig nie. Meeste van ons uitlanders het ons huise gemeubileer deur net op hierdie die hope te gaan rondsnuffel vir iets wat darem nie te gehawend lyk nie. Die truuk is ook om gou te spring, voor dit begin reën, want wie wil nou op 'n nat sitkamerbank lê en TV kyk?

'n Wit-olifant-hoop

0 Comments:

Post a Comment

<< Home