Chris se crash
Donderdagaand het Chris heel rustig van sy jogaklas afgery, toe 'n moegoe 'n rooi lig geïgnoreer het, vir Chris deur die lug laat trek en sy scooter 'n nuwe vorm gegee het. Genadiglik het Chris net 'n baie seer lyf en skok oorgehou. Neem ook in ag dat hy 'n 150cc het, en indien dit 'n kleiner fiets was, of 5cm meer na links, dit 'n heel ander storie sou gewees het.


Die impak was so hard dat die hele sitplek uitgespring het en die inhoud wyd en syd gestrooi is.

3 Comments:
ja, maar hy gaan weer dokter toe gaan om net seker te maak.
dit lyk hectic. dit klink ook erg om daai verkeer aan te durf net na 'n yoga-klas. bly hy't beter daarvan afgekom as die bike!
baie soene vir Chris
Post a Comment
<< Home