新年快乐 (Xīnnián kuàilè!)

Mense gee vir mekaar geskenke soos rooi koeverte vol geld, kos en ander lekkernye. Families kom bymekaar en sien kans om 11 ure in 'n verkeersknoop te sit om by 'n plek net 3 ure ver uit te kom.
Dan is daar die groot skoonmaak. Als word uitgeruk en oorgedoen, as jy dit kan bekostig. Mense koop nuwe meubels, toilette, kombuise en matrasse om die nuwe jaar in te lui. Dit beteken bargain hunting vir die mense wat dit nie kan bekostig nie. Meeste van ons uitlanders het ons huise gemeubileer deur net op hierdie die hope te gaan rondsnuffel vir iets wat darem nie te gehawend lyk nie. Die truuk is ook om gou te spring, voor dit begin reën, want wie wil nou op 'n nat sitkamerbank lê en TV kyk?