Skemerdonker
Monday, December 26, 2005
Saturday, December 24, 2005
Kreeesmies
My kersboodskap is hier. Die hoogtepunt van my kersfees is seker dat ek 'n moewiese pot glühwein en misosop (hopelik apart) gaan maak vir 'n paar vriende. Die laagtepunt is dat ek vanaand op oukersaand in die bitterkoue saam met 80 kjinnertjies moet perform op 'n opelug verhoog. "Silent night" gaan gesing word in 'n Confuciunism Tempel net voor die Disney medley dans. Oja, dan is ek ook 'n Amerikaner in 'n toneelstuk waar ek net moet mime. Ek kry die gevoel dat, ten spyte van al die religieuse temas wat rondom ons gaan wees, min mense hul geloof ernstig gaan opneem. Al waarin ek op die oomblik glo is dat ons 8 uur gaan klaar wees soos vroeër aan my beloof is...
Thursday, December 22, 2005
Solstice (Dong Zhi)
Vandag eet almal in Taiwan rysbolletjiesop. Dis nou rys wat fyngestamp is vir ure tot dit in so 'n jellierige vorm verander het, pienk, geel en blou gekleur is, en dan in waterige sop geëet word om op die ou end eintlik na niks te proe nie. Nogals baie moeite om die langste nag en die kortste dag te vier, maar ek hou nogals van die idee dat daar 'n kultuur is wat 'n ding hiervan maak. Ek het toe sommer gelees van ander kulture se feestelikhede op hierdie datum. In Iran bly hulle heelnag wakker deur wag te hou vir Yalda en brand vure om die son(goed) te help en donkerte(boos) te beveg. In Ierland is daar 'n 5000 jaar oue steenstruktuur, Newgrange, wat op hierdie dag tot diep in sy binneste kelders verlig word deur die son. In Pakistan en Tibet word daar ook fees gevier. Ek wil ook net noem dat ek my rysbolsop al Dinsdag gehad het, en dat dit eintlik gister al solstice was, maar letterlik almal het volgehou dat vandag die dag in Taiwan is. So when in Rome... Foto by Taipei Times geleen.
Wednesday, December 14, 2005
die beste uitvindsel ooit
Dis winter in wind-stad en nie grappies om op 'n poegie in die yskoue reën en wind rond te ry nie. My enigste redding is hierdie pakkies wat mens by die 7 eleven en ander soortgelyke convenience stores kan koop. Dit lyk soos 'n sakkie van "New Freedom"-materiaal met iets soos ystervylsels binne-in. Die hele proses gaan aan die werk as jy die vylsels teen mekaar vryf en die pakkie in jou baadjiesak druk. Et voila! Binne 'n minuut het jy 'n warmwatersak minus die water. Een sakkie hou omtrent vir 'n dag. Ek slaap tot met die goed, dis fantasties!
Thursday, December 08, 2005
Engelse les vir die dag
Ek het gedink die Taiwanese het 'n interessante uitkyk op die lewe tot ek hierdie bydrae van ons Japanese bure gesien het.