Thursday, December 22, 2005

Solstice (Dong Zhi)


Vandag eet almal in Taiwan rysbolletjiesop. Dis nou rys wat fyngestamp is vir ure tot dit in so 'n jellierige vorm verander het, pienk, geel en blou gekleur is, en dan in waterige sop geƫet word om op die ou end eintlik na niks te proe nie. Nogals baie moeite om die langste nag en die kortste dag te vier, maar ek hou nogals van die idee dat daar 'n kultuur is wat 'n ding hiervan maak. Ek het toe sommer gelees van ander kulture se feestelikhede op hierdie datum. In Iran bly hulle heelnag wakker deur wag te hou vir Yalda en brand vure om die son(goed) te help en donkerte(boos) te beveg. In Ierland is daar 'n 5000 jaar oue steenstruktuur, Newgrange, wat op hierdie dag tot diep in sy binneste kelders verlig word deur die son. In Pakistan en Tibet word daar ook fees gevier. Ek wil ook net noem dat ek my rysbolsop al Dinsdag gehad het, en dat dit eintlik gister al solstice was, maar letterlik almal het volgehou dat vandag die dag in Taiwan is. So when in Rome... Foto by Taipei Times geleen.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home