Saturday, December 24, 2005

Kreeesmies


My kersboodskap is hier. Die hoogtepunt van my kersfees is seker dat ek 'n moewiese pot glühwein en misosop (hopelik apart) gaan maak vir 'n paar vriende. Die laagtepunt is dat ek vanaand op oukersaand in die bitterkoue saam met 80 kjinnertjies moet perform op 'n opelug verhoog. "Silent night" gaan gesing word in 'n Confuciunism Tempel net voor die Disney medley dans. Oja, dan is ek ook 'n Amerikaner in 'n toneelstuk waar ek net moet mime. Ek kry die gevoel dat, ten spyte van al die religieuse temas wat rondom ons gaan wees, min mense hul geloof ernstig gaan opneem. Al waarin ek op die oomblik glo is dat ons 8 uur gaan klaar wees soos vroeër aan my beloof is...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home