Wednesday, December 14, 2005

die beste uitvindsel ooit

Dis winter in wind-stad en nie grappies om op 'n poegie in die yskoue reën en wind rond te ry nie. My enigste redding is hierdie pakkies wat mens by die 7 eleven en ander soortgelyke convenience stores kan koop. Dit lyk soos 'n sakkie van "New Freedom"-materiaal met iets soos ystervylsels binne-in. Die hele proses gaan aan die werk as jy die vylsels teen mekaar vryf en die pakkie in jou baadjiesak druk. Et voila! Binne 'n minuut het jy 'n warmwatersak minus die water. Een sakkie hou omtrent vir 'n dag. Ek slaap tot met die goed, dis fantasties!

0 Comments:

Post a Comment

<< Home