Monday, May 29, 2006

Kunsmatige lig is die doring in my oog

My linkeroog spring nou al aanhoudend vir twee dae. Dit word veral erger as ek voor my rekenaar of TV sit. Ek het eers gedink die rede vir my onwillekeurige spierspasmas is omdat ek so lekker Saterdagaand by die Thai Disco gedans het en daai aaklige afgewaterde Boss bier gedrink het, wat gevolglik 'n nare kettingreaksie ontlont het. Ek het ook probeer rondkyk op die internet vir moontlike oorsake, maar toe begin my oog so erg te spring en ek moes ophou. Dit dryf my van my trollie af. Ek het so 'n idee dat dit weens slegte of min slaap gebeur. Ek sal graag wil weet dat dit is omdat ek baie geld gaan kry (of ek dink dis wat die oumense sê). Ek moet afsluit, my regteroog het nou ook begin spring op die offbeat van my linker.

9 Comments:

At 9:27 pm, Blogger PienkZuit said...

Het bier- en koeldrankblikkies dan nog van daardie tabs wat mens heeltemal kan aftrek daar? Die soort wat in die jare 80 die strate vol gelê het hier?

 
At 9:44 pm, Blogger lolla said...

Dit is juis wat my laat bekommer. Die bier was dalk meer as 20 jaar oud.

 
At 3:16 pm, Blogger dorothy said...

here's my scientific two-cents: if the top eyelid jumps, you'll be laughing ha ha ha. if the lower lid jumps, you'll be crying boo hoo.

 
At 3:17 pm, Blogger dorothy said...

and if your hands itch you'll get money. if your feet itch, you'll travel...

 
At 4:34 pm, Blogger PienkZuit said...

Ek is nie so seker oor die jeuk as 'n aanwysing nie. Anders sou jock-itch 'n baie meer positiewe ervaring gewees het as wat dit in der waarheid is.

 
At 5:30 pm, Blogger dorothy said...

WHAHAHAHAHAHA

 
At 8:39 pm, Blogger renklem said...

Lolla, ek dink dit beteken jy gaan begin van Augustus 'n lekker tyd deurbring saam met vriende. Dit sal ophou spring sodra jy op die aerie klim.

 
At 5:01 pm, Blogger dai said...

My oë het ook so begin spring die begin van die jaar. Ek het dit maar afgeskryf aan die skok van om weer by die werk te moes wees na 'n mees wonderlike desember vakansie.
Toe ek my oë ook begin traan het ek die kans aangegryp om nog 'n fasion accessry aan te skaf en 'n lees bril gaan kry. Ek lyk slim as ek dit dra :-p

 
At 10:06 pm, Blogger lolla said...

Die gratis leesbril was al wat ek destyds met my mediese fonds kon doen. Ek het intussen raad gekry by my wonderlike refleksiologie/acupressure chinese dokter. Ek druk net 'n punt erens op my wysvinger, et viola! Die spring hy ies weg en die oeg, hy ies reg.

 

Post a Comment

<< Home