Tuesday, May 02, 2006

Daai naweek


So ek moes toe 'n nuwe adaptor gaan koop het vir my kamerakoord. Nou't ek in plaas van die slick swart prop so 'n afwit knoets wat ek verseker nerens sal kan vergeet nie, want dis so lelik en groot.

Penghu is Taiwan sonder lugbesoedeling, verkeer, swart strande, typhoons, giftige chemiese water en baie weiguorens (enigiemand wat nie Asiese gelaatstrekke het nie). Daar is wel honderde skole en polisiemanne, turksvye, pêrels en 'n Starboks.



Die eiland was onder andere in die hande van Chinese, seerowers, Hollanders, Japanese en is nou deel van Taiwan. Die huise is histories met koraal gebou en oral op die eiland is daar koraalmure om die groentegewasse te beskerm teen die sterk winde. Ek het ook uitgevind dat daar 'n paar geleenthede vir Engelse onderwysers is, so as ek ooit weer besluit om Taiwan toe te kom, wel...wat meer wil jy hê?


As enigiemand ooit die plek besoek, moenie eers bodder met die Feng Caves nie, dis regtig saai en dalk oorgeneem deur ruimtewesens.

Koot, Julia en Laura is stomgeslaan.

2 Comments:

At 11:36 am, Blogger rondloper said...

Dis darem 'n vreeslike lelike vis daai op die boonste foto . . .

 
At 12:51 pm, Blogger lolla said...

Smaak verskil...

 

Post a Comment

<< Home