Tuesday, February 28, 2006

Die robot, die haardroƫr en die koihaai

Ek wou nou nie soos 'n ander gewilde blog by die hond vashaak nie, maar ek moes ook vir iets opwindends wag om te gebeur in my lewe. Vandag was wonder bo wonder 'n vakansiedag en ons is die berge in. Wulai, om presies te wees. Daar land ons by 'n koffiewinkel wat allerhande ou goed soos karre vir meubels en dekor gebruik. Dit het my bietjie herinner aan die Museum Shop in Johannesburg en snuffelwinkels in Kalkbaai waar ek my budget al meer as eenkeer op ou plate spandeer het.


Nadat ons gesmul het aan "Beef Noodles" (hulle naam vir lasagne) en Julia en Nelie 'n nat babahondjie met 'n haardroer beetgekry het, het ons spa scouting gaan doen.

Ons kom toe op 'n heerlike en billike spa af met 'n uitsig oor die mistige vallei en ons het in daai water gesit en gemmertee drink tot ons oumenshande gekry het.


Ek het ook die grootste Koivis gesien wat ek ek nog ooit in my lewe gesien het, en dis nie 'n vissermanstorie nie, ek het bewyse! Die vis is oor 'n meter lank en lyk soos 'n klein haai.

Soek vir die grys een regsbo.

3 Comments:

At 10:28 pm, Blogger Do Kwang said...

Dis baie mooi - die uitsig nie die vis nie.

 
At 7:18 pm, Blogger renklem said...

wys volgende keer vir ons fotos van die ooms en tannies se swembroeke.

 
At 8:02 pm, Blogger lolla said...

ek sal probeer om volgende keer 'n kamera in die restricted gebied in te smokkel, byt vas. watch this space vir knoppiestores binnekort.

 

Post a Comment

<< Home