Die kuier tuis
Ek's pas tuis na 'n kort vakansie in SAfrika en het my gate uit geniet. Ek het onder andere die bynaam "Modjadji" gekry aangesien dit die hele tyd van my besoek in Jo'burg katte en honde gereën het. Ek het met 'n paar van my ou vrinne geconnect en in gevaarlike plekke soos Pombo's, Cresta Bowling Alley en Die Akker uitgehang.

Angola Nel in 'n bar in Albertsville nadat ons mislei is dat Piet Botha daar sou speel, en ons toe net 'n paar muflappe met brandewyn in hulle hande en snorre by die kroegtoonbank gevind het. Die wit bordjies in die agtergrond sê onder meer "Geen Skeltaal Asseblief" en "No manners, no service".



3 Comments:
Alberton het jou vir 'n pop gevat
Jy bedoel seker Albertsville.
was ook nou op die Bos, en ja, niks het verander nie.
Post a Comment
<< Home