Wednesday, November 30, 2005

o aarde dit bewe

Ek is vanoggend weereens wakker geskud deur my bed wat heen en weer wieg (my matras is op die grond), en al waaraan ek kon dink is dat my wekker eers oor 16 minute sou afgaan en ek nog kon slaap. Ek is deesdae so gedesentiseer oor aardbewings dat ek nie eers meer vir die naaste deurkosyn hardloop nie, maar eerder wonder of mens toilet toe kan gaan terwyl daar 'n aardbewing aan die gang is.


1 Comments:

At 4:53 am, Blogger renklem said...

o jirre, en ek dog koue weer is 'n probleem. Lolla, hardloop maar in elk geval vir die koesyn

 

Post a Comment

<< Home